1951
Mnr. F.R. Schmidt was die eerste prinsipaal-sekretaris van die Tegniese Instituut in Welkom. Daar was 120 jong manne in opleiding. Die eerste gebou was ’n ou gemeenskapsaaltjie in Welkom. Ses maande later het die Instituut na ’n ruimer gebou in Uitzichtkamp verskuif.
1955
In Januarie is die eerste permanente geboue betrek.
1956
Toestemming word vir die oprigting van die nodige geboue vir ’n Hoër Tegniese Skool en ’n Hoër Handelskool verkry.
1957
Die Hoër Tegniese Skool en Hoër Handelskool kom tot stand. In Junie neem mnr. M.C.H. le Page as prinsipaal oor.
1959
Die eerste ses maande deel die Hoër Tegniese Skool en Hoër Handelskool dieselfde geboue. Mnr. P.J.C. Bosch was die viseprinsipaal. Mnr. M.C.H. le Page verhuis.
1960
Mnr. S.D. van der Merwe word die nuwe prinsipaal. Skooldrag word verpligtend gemaak. Geboue word deur Sy Edele, mnr. J.H. Viljoen geopen.
1961
In Augustus word kollegestatus aan die Instituut toegeken. ʼn Koshuis word vir 120 studente beplan.
1962
In Junie verhuis mnr. S.D. van der Merwe en mnr. J.T. van der Merwe word die nuwe prinsipaal.
1964
Op 14 Augustus word die koshuis deur Sy Edele, Minister J. de Klerk geopen. Huis Gratia – Dankbaarheid.
1965
Die kollege word deur die Departement van Onderwys, Kuns en Wetenskap oorgeneem. Dit word ’n volwaardige departementele inrigting. Met die oorname het dit ’n selfstandige skool geword.
1966
Mnr. P.J.C. Bosch is oorlede. Mnr. A.J. du Plessis word die skoolhoof vir die volgende 24 jaar (vanaf 1966-1990). Op 30 April word die P.J.C. Bosch-stadion ingewy.
1968
Vanaf 1 April ressorteer die skool onder die OVS Provinsiale Administrasie as ’n beroepskool.
1990
Mnr. J.B. du Toit word as skoolhoof vanaf middel Junie aangestel. Hy beklee die pos tot 2001.
2002
Mnr. G.I. Hinrichs het die leisels as HTS Welkom se skoolhoof in Januarie 2002 oorgeneem.
2013
Mnr. P.J.H. Swanepoel word as prinsipaal aangestel en is die huidige skoolhoof.
>