PROMOSIEVEREISTES VIR GRAAD 8 EN 9
Leerders in graad 8 en 9 sal bevorder word indien hulle:
50% (vlak 4) of meer vir huistaal het;
40% (vlak 3) of meer vir eerste addisionele taal het;
40% (vlak 3) of meer vir wiskunde het;
Van die ses vakke wat oorbly, moet drie (3) 40% (vlak 3) of meer wees en twee (2) 30% (vlak 2) of meer wees.
As die leerder aan al vyf (5) kriteria voldoen, sal die leerder na die volgende graad bevorder word.
PROMOSIEVEREISTES VIR GRAAD 10, 11 EN 12
Leerders in graad 10, 11 en 12 sal bevorder word indien hulle:
40% (vlak 3) of meer vir huistaal het;
Van die ses vakke wat oorbly, moet twee (2) 40% (vlak 3) of meer wees en drie (3) moet 30% (vlak 2) of meer wees.
As die leerder aan al drie (3) kriteria voldoen, sal die leerder na die volgende graad (graad 10 en 11) bevorder word en die graad 12-leerder sy nasionale senior sertifikaat ontvang.